Plaas jou en jou gesin se

veiligheid eerste

Plaas jou en jou gesin se veiligheid eerste

AfriForum se nood-en-mediesenoodreaksietoep verbind jou direk met enige toepaslike diensverskaffer in Suid-Afrika waar hierdie dienste beskikbaar is.

Jy kan hulp ontbied deur bloot ’n knoppie te druk, en hulp met sorg sal jou en jou geliefdes so gou moontlik by ’n presiese GPS-bepaalde ligging bereik. Direkte waarskuwings beteken vinniger reaksietye en dat inligting in reële tyd aan reaksiepersoneel oorgedra word, sodat jy weet hulp is op pad.

Plaas jou en jou gesin se veiligheid eerste. Laai vandag nog die AfriForum-noodknoppietoep af. Stoor ook die AfriForum-noodnommer (086 111 6154) as ’n kontak op jou slimfoon.

Die AfriForum-noodknoppietoep verbind jou met ’n landwye netwerk van privaat gewapendereaksie- en nood- mediese dienste – met net die druk van ’n knoppie.

Onthou dat jy data op jou slimfoon beskikbaar moet hê en dat jou slimfoon se liggingsdienste geaktiveer moet wees om sekere van hierdie dienste te kan gebruik.

Pakkette

Opsie 1

Met hierdie opsie het jy toegang toe die AfriForum-noodknoppietoep.

  • Beheerkamer
    Ons veiligheidsnetwerk maak staat op ’n doeltreffende, gesentraliseerde beheerkamer wat noodsituasies vinnig kan hanteer en koördineer. Die beheerkamer is met die volgende belangrike netwerke verbind:
    • die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPS) se netwerk, wat direk deur die beheerkamer gekontak kan word vir vinnige reaksie
    • AfriForum-buurtwagte se streeksnetwerke, wat ’n betroubare gemeenskapsgerigte teenwoordigheid verseker
    • ’n toegewyde noodnommer wat 24/7 bereikbaar is vir onmiddellike ondersteuning.

Opsie 2

Hierdie opsie bied jou toegang tot ’n omvattende netwerk van professionele nood- en sekuriteitsdienste – alles gekoppel via ons gesofistikeerde beheerstelsels. Hierdie premium diens bied jou vinnige reaksie, direkte kommunikasie en gemoedsrus wanneer dit die nodigste is:

  • direkte skakeling met SAPS-netwerke – vinnige optrede wanneer elke sekonde tel
  • toegang tot drie nasionale beheerkamers – 24/7- landwye koördinering en ‑ondersteuning
  • buurtwag-ondersteuning – plaaslike sigbaarheid en onmiddellike reaksie in jou omgewing
  • Fidelity – vertroude sekuriteitspersoneel gereed om in te gryp
  • Rocket (in vennootskap met Netcare en ER24) – mediese noodreaksie binne minute.

Hoe werk dit?

Registreer hier vir AfriForum se noodknoppietoep

Gereelde vrae:

AfriForum-noodknoppietoep is ’n noodreaksieplatform wat jou aan ‘n nasionale netwerk van sekuriteit- en mediese diensverskaffers verbind. Dit bied toegang tot die SAPS, buurtwagte, privaat sekuriteitsdienste en mediese ondersteuning met slegs één druk van ‘n knoppie.

Laai die AfriForum-noodknoppietoep van die Google Play Store of Apple App Store af. Registreer jou besonderhede, ontvang ’n eenmalige PIN via SMS en aktiveer liggingdienste. Dan is jy gereed om die diens te gebruik.

Jy kan die volgende noodgevalle via die toep aanmeld:

  • mediese noodgevalle
  • brand
  • trauma of ander veiligheidsinsidente.

Sodra jy ’n insident aanmeld, ontvang die beheerkamer jou ligging en besonderhede. Afhangende van die tipe noodgeval word die toepaslike hulpdiens (bv. Netcare/ER24, die SAPS, buurtwag of Fidelity) onmiddellik ontbied.

Nee, enige persoon kan op die AfriForum-noodknoppietoep inteken. Lidmaatskap van AfriForum word wel aanbeveel vir toegang tot breër gemeenskapsveiligheidshulpbronne.

Die AfriForum-noodknoppietoep funksioneer nasionaal, met toegang tot drie beheerkamers en ’n netwerk van buurtwagte, sekuriteitspartners en mediese diensverskaffers regoor Suid-Afrika.

Ja, al jou data word volgens ’n streng privaatheidsbeleid hanteer. OTP-verifikasie en veilige databerging verseker dat jou inligting beskerm bly.

Die toep gebruik jou ligging om noodspanne te stuur, selfs as jy nie kan praat nie. Jy hoef net die toep oop te maak en die toepaslike knoppie te druk.

Ja, daar is gesinsopsies beskikbaar. Elke gesinslid moet egter hul eie profiel en toestel registreer, maar almal kan aan dieselfde hoofrekening gekoppel wees.

Dit is belangrik om die bepalings en voorwaardes te begryp voordat jy die toep aflaai en begin gebruik. Dit sluit onder meer beperkings van AfriForum-noodknoppiedienste en die reaksieradius in.

  • Tik jou foonnommer in en klik op “Dien in”.
  • ’n Eenmalige PIN (Engels: OTP) word per SMS aan jou slimfoon gestuur.
  • Tik dié nommer in die beskikbare veld in, en klik op “Dien in”.
  • Jy is nou aangeteken.

’n Slegte netwerkkonneksie kan die stuur van die eenmalige PIN langer as gewoonlik laat neem. Probeer ’n plek kry waar jou sein sterker is en wag sowat tien minute. Probeer weer aanteken as jy ná tien minute steeds nie ’n eenmalige PIN gekry het nie,.

Vennote

AfriForum glo dat gemeenskappe betrokke moet wees by aksies om misdaad te voorkom. Ons kan nie en mag nie apaties teenoor betrokkenheid staan nie. AfriForum se standpunt is dat gemeenskappe bemagtig moet word om ook met selfrespek na hulself om te sien.

Studentetoep

Kontak ons

  • 000 000 0000
  • e-posadres

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.