

AfriForum werk saam met ROCKET
Ons neem beheer van jou noodgeval
Wat is ROCKET Connect
Ons innoverende ROCKET-subskripsie en -slimfoontoep bied direkte toegang tot ons wêreldgehaltediens.
Jou subskripsie bied vinnige toegang tot ons nooddienste deur middel van ’n innoverende paniek-toep wat jou ligging bepaal en familielede van jou noodgeval in kennis stel.
ROCKET Connect oorbrug die toegangsgaping tot gespesialiseerde nooddienste landwyd en sny verskeie voorafgoedkeuringsprosesse uit.
Ons wil jou mediese nooddiens vennoot wees
Sorg
Ons gee werklik vir jou en jou gesin om.
Vinnig
Ons omseil die rompslomp.
Wêreldklas
Ons beskik oor aeromediese traumaspanne en hoogs gekwalifiseerde vlieëniers.
Vennoot
Ons is jou voorkeurvennoot in ’n noodgeval.
ISE
Ons bring die intensiewesorgeenheid na jou.
Beheer
Ons neem beheer van jou noodgeval.
Ons nood- mediese dienste
*Onderhewig aan ons ROCKET-bepalings en -voorwaardes, en slegs binne die grense van Suid-Afrika
Padambulans
Jy het toegang tot nood- mediese reaksie deur ons uitgebreide padambulansnetwerk.
Lugambulans*
Jy het toegang tot nood- mediese reaksie per lugambulans, onderhewig aan ROCKET se vlugkriteria wat in ons bepalings en voorwaardes gespesifiseer word.
Nood- mediese ondersteuning
Ons neem eienaarskap van jou oproep om jou en jou gesin dwarsdeur jou mediese noodgeval te ondersteun. Ons behou telefoniese kontak terwyl ons nooddienste koördineer en jou deurlopend op hoogte hou tydens jou mediese vervoer en hospitaalopname.
Noodbestuur-sentrum
Jy het onbeperkte, 24/7-toegang tot ons noodoproepsentrum.