’n Paniekknoppie met 24/7-ondersteuning
AfriForum 911
Wat is die AfriForum 911-noodknoppietoep?
Die AfriForum 911-noodknoppietoep is ’n gebruikervriendelike, familiegeoriënteerde nooddienstetoep. Die AfriForum 911-noodknoppietoep kan op jou slimfoon afgelaai word en verander jou slimfoon dus in ’n noodgevalpaniekknoppie. Dié toep koppel jou direk aan enige van die toepaslike nooddiensverskaffers in Suid-Afrika. Deur middel van die AfriForum 911-noodknoppietoep kry diensverskaffers vinnig toegang tot jou inligting sodat die toepaslike sorg aan jou of jou familie gegee kan word.
AfriForum bied in samewerking met Response 24 die AfriForum 911-noodknoppietoep om jou en jou familie veilig te hou.
- Gewapendereaksie- en mediese nooddienste met die druk van ’n knoppie
- Presiese GPS-identifisering van die ligging vanwaar die noodsein kom – akkuraat tot op 5 meter
- Direkte noodseine om kommunikasiehindernisse te verminder
- Vinniger reaksietye met intydse inligting oor reaksiepersoneel
- Maklike proses om die AfriForum 911-noodknoppietoep via Google Play (Android), App Store (Apple) en AppGallery (Huawei) op jou slimfoon te laai
- ’n Enkele aanteken-en-registrasieskerm (eenmalige PIN via SMS aan jou gestuur)
Watter gratis voordele bied die AfriForum 911-noodknoppietoep?
Kyk gereeld of daar ‘n nuwer weergawe van die toep in jou toepwinkel beskikbaar is, en laai dit af sodat jy altyd toegang tot alle funksies het.